Vir die twee boesemvriendinne was dit ’n dubbele vreugde toe hulle albei in dieselfde tyd hul eersteling verwag.
“Ons was saam opgewonde en het mekaar ondersteun,” vertel Anke Immelman oor haar swangerskap met haar en haar man, Willie, se eersteling, Nicolé (5).
Sy en haar kleinsus, Mia (3), waai nou soos blonde en pienk warrelwindjies hier deur hul ouerhuis op Villiersdorp in die Wes-Kaap. Maar vir Anke se beste vriendin, Jeanne-Marie Barnard, was dit ’n opdraande stryd om haar droom van moederskap waar te maak.