Woede oor Shell se Wildekus-planne kring uit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Facebook/Merrisa Naidoo
Foto: Facebook/Merrisa Naidoo

Omgewingsorganisasies soos Oceans Not Oil, Youth for Marine Protected Areas en Amadiba Crisis Committee en kusgemeenskappe van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal maak die afgelope ruk stem dik oor Shell se plan om begin aanstaande maand ’n seismiese opname langs die Wildekus tussen Morgansbaai en Port St. Johns van stapel te stuur met die oog daarop om moontlik later olie en gas hier te ontgin.

Die organisasies geniet die steun van omgewingsbewuste medeburgers landwyd. Die sosiale media gons behoorlik oor wat onder meer "seismic (S)hell" genoem word.

Daar's nie net hewige teenkanting teen die gedagte van fossielbrandstof-ontginning langs van ons ongerepte kuslyne deur ’n internasionale maatskappy met ’n smerige rekord nie; bloot die uitwerking van die aanvanklike seismiese opname – byvoorbeeld die afvuur van 'lugkanonne' in die water wat intense skok- en klankgolwe na die seebodem afstuur – op die plaaslike seelewe, skep wyd kommer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees