book-icon Uitgawe 30 September 2021

Als oor die magtige Oranje, die langste rivier in Suid-Afrika

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Oranjerivier. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Oranjerivier. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Die Oranjerivier is Suid-Afrika se grootste, langste en belangrikste rivier. Dit ontspring uit die Maluti- en Drakensberge in Lesotho, waar dit as die Senqu bekendstaan.

Van waar dit Lesotho verlaat, vloei die Oranjerivier nagenoeg 2 200 km weswaarts deur die Oos-Kaap, Vrystaat en Noord-Kaap tot dit eindelik by Alexanderbaai in die Atlantiese Oseaan uitmond. Ons kyk na die belangrikheid van hierdie rivier wat lewe gee in die woestyn en ’n tuiste vir talle visspesies is.

Die Oranjerivier vorm saam met die Vaalrivier, sy grootste syrivier, ’n enorme dreineringsgebied van 973 000 km². Die Caledon is nóg ’n belangrike takrivier. Ander syriviere van die Oranje- en die Vaalrivier is die Brak-, Harts-, Klip-, Modder-, Mooi- en Vetrivier.

Die westelike deel van die dreineringsgebied (suid van die Namib- en Kalahariwoestyn) is dor en plat, en landbou is net moontlik met behulp van besproeiing omdat min reën daar val. 

Hier vorm die rivier ook die grootste deel van die grens tussen Suid-Afrika en Namibië. Die reënval beloop hier minder as 50 mm per jaar. In droë jare vloei die Oranje dikwels nie tot in die see nie. 

In die ooste van die dreineringsgebied waar die rivier op die plato op ’n hoogte van 3 300 m bo seevlak ontspring, is die reënval hoog – sowat 800 mm per jaar. In die Lesotho-hoogland kan tot 1 000 mm per jaar val.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees