book-icon Uitgawe 14 Oktober 2021

Ons leer oor amber – waaruit bestaan dit en hoekom is dié steen so waardevol?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dié moerasmuggie is 30 miljoen jaar gelede in Baltiese amber vasgevang.  Foto: Gallo Images/Getty Images.
Dié moerasmuggie is 30 miljoen jaar gelede in Baltiese amber vasgevang. Foto: Gallo Images/Getty Images.

As jy nog nie Jurassic Park gekyk het nie, kan jy verskoon word as jy dink amber is net ’n mooi meisienaam of ’n pragtige siersteen. Maar hoewel die “ontdekking” van DNS in die oeroue druppel dinosourusbloed van ’n muskiet die fliekwêreld behoorlik op hol gejaag het, was die amber-omhulsel waarin die kosbare oerspesie se DNS geberg is die ware ster van die fliek.

En al stem wetenskaplikes nie saam oor die moontlikheid dat oeroue DNS in ’n insek behoue kan bly nie, word amber met deeltjies vel van reptiele, vere, stukkies been of heel insekte steeds wêreldwyd opgetel. Amber is verharde boomhars en is meestal tussen 20 en 100 miljoen jaar oud. 

Dit word beskou as ’n edelgesteente en genesende kristal hoewel dit eintlik ’n organiese materiaal van verharde hars is. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees