Bederf jouself met hierdie lekker dosis blokraaie

akkreditasie
Foto verskaf
Foto verskaf
Die nuutste uitgawe van Huisgenoot-Blokraaie bevat 127 breinspeletjies en is net wat jy hierdie winter nodig het.

Wanneer dit te koud is om jou voete by die deur uit te sit, kan jy heerlik binne besig bly met Huisgenoot se nuutste blokraaitydskrif! Blokraaie no. 26 bevat ál die lekkerste en gewildste raaiselsoorte.

Jy kan uitsien na:

  • groot blokraaie
  • fotoblokraaie
  • breinknopers
  • koderaaisels
  • anagramblokraaie
  • blitsblokraaie en nog baie meer!

Die 26ste uitgawe in Huisgenoot se supergewilde blokraaireeks bied ’n heerlike verskeidenheid vir alle raaiselliefhebbers – jonk en oud. Die tydskrif bevat kort en langer blokraaie, maklikes en ook heelwat uitdagendes. Die oplossings vir al die raaisels is ingesluit en jy kan gerus daar loer as jy vashaak. Vergeet van al jou frustrasies en deel in die wonderlike woordpret wat blokraaie bied!

Koop dit aanlyn.

Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees