Maak dié heerlike geregte uit toeka se dae

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Image supplied
Image supplied
Voed liggaam en siel met geregte uit Nostalgie, Huisgenoot se nuutste kostydskrif wat jou die lekkerte van vervloë tye sal laat herleef.

Daar’s niks soos die smake, geure en teksture van jou gunsteling-geregte om jou na goeie tye terug te neem nie: braaiboud in die oond wat jou mond laat water, basaarpannekoeke met kaneel, goudkleurige vetkoeke bultend van die kerriemaalvleis. . .

Laat kos jou ook nostalgies voel? Spesiale geregte kan beslis goeie herinneringe wakker maak. Kos het die krag om te voed én ons nader aan mekaar te laat voel.

Terwyl ons probeer om onsself en ons geliefdes veilig en gelukkig te hou in ’n wêreld wat deur ’n pandemie verander is, wend baie van ons ons na trooskos wat mooi herinneringe van samesyn oproep. Wanneer jy huis toe verlang of iemand spesiaals mis, laat die geure van lank gelede se maaltye jou vertroos.

Met die125 bêre-resepte vir ware onthougeregte in Nostalgie sal jy beslis heelwat goeie tye herleef.

Huisgenoot-Nostalgie is nou in die winkels. As jy hierdie pragkostydskrif nie naby jou in die hande kan kry nie, kan jy dit aanlyn by huisgenootwinkel.com bestel, dan laat lewer ons jou uitgawe by jou deur af.

Maak vandag een van die geregte in Huisgenoot-Nostalgie, geniet die onthoureis en skep nóg mooi herinneringe! Deel gerus foto’s van jou kosskepping op sosiale media en onthou om Huisgenoot by te haak.

Liefde

Die Huisgenoot-span

Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees