Hier’s wonderlike hulp vir die matriekeksamen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Laat eksamenstres jou in ’n koue sweet uitslaan? Wonder jy hoe jy die werk gaan verstaan? Huisgenoot 100 matriekvrae bied nuttige ekstra lesse.

Wat is dit?

Dit is ’n reeks video’s wat dien as ekstra lesse oor jou skoolwerk en bykomende studiehulp. Elke video bestaan uit ’n kort les. Dit behandel en verduidelik van die belangrike gedeeltes van die kurrikulum en moontlike vrae in die matriekeksamen.

Watter vakke word behandel?

  • Wiskunde
  • Rekeningkunde
  • Besigheidstudies
  • Lewenswetenskappe
  • Fisiese Wetenskappe
  • Wiskundige Geletterdheid
  • Geografie
  • Geskiedenis
  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal

Waar kry jy dit?*

Besoek Huisgenoot se webtuiste by www.huisgenoot.com, klik op HG Junior en dan op 100 matriekvrae om die video’s te kyk.

* Jou gesin sal vir Netwerk24 moet registreer om die video’s te kyk as julle nie reeds ingeteken is nie. Julle kan dan 30 dae lank na die video’s kyk. Daarna kos Netwerk24, wat dié diens insluit, R99 per maand.

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees