Manne, gereed vir daai plat maag? Verloor jou boep binne 12 weke

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Wonder jy hoekom jy nie gewig afskud nie?
Groet jou boep
Foto: Verskaf.

As jy met ’n gesonde leefstyl begin het of gereed is om fiksheidsaanpassings te maak en resultate te sien, het ons die antwoord op jou boep-dilemma.

Vyf redes hoekom jy nie gewig afskud nie

  • Jy eet te veel. Dis voor die hand liggend, maar te veel van die “verkeerde” ongesonde kos en onvoldoende oefening sal veroorsaak dat jy jare lank teen ’n boep baklei. Dit gaan alles oor porsiebeheer en kalorieë tel, en ons weet dit kan ingewikkeld raak en dat dit ook belangrik is om nie té behep daarmee te raak nie. Hoe handhaaf jy dus ’n goeie balans en gee jou liggaam wat dit benodig? Ons help jou met maklike, kundige oplossings – lees meer daaroor hier onder.
  • Jy eet nie genoeg nie. Nes dit vir jou lyf sleg is om te veel te eet, is dit ook nie die beste gewigsverliesoplossing om glad nie te eet nie. Benewens dat dit nadelig vir jou gesondheid is, vertraag dit jou metabolisme en word jou liggaam in “stresmodus” gestuur weens die gebrek aan kalorieë. Dít veroorsaak dat jou liggaam die vet bêre pleks van om dit af te breek om jou te onderhou.
  • Jy kry nie genoeg slaap nie. Jy benodig minstens 7-8 uur se rus saans – as jy nie genoeg slaap nie, stel jou liggaam streshormone vry wat jou metabolisme laat afneem. Dus word geen vet verbrand nie.
  • Maer spiere. Jou gewigsverlies- en fiksheidsplan moet goed en noukeurig beplan word om die beste resultate te lewer. Sterk maer spiere kan deel uitmaak van die dinge wat jou help om gewig af te skud. Die hoë-intensiteit kragoefeninge skop jou stryd teen die boep af omdat dit meer kalorieë verbrand – lank nadat jy ophou oefen het. Jy moet net die regte oefening vir jou kry.
  • Proteïenkrag. Proteïen help jou versadig voel en verbrand kalorieë. Maar kry jy genoeg daarvan – en wat presies moet jy eet? Dis moeilik om te weet wat jou liggaam benodig met soveel kitsdiëte en gewigsverlies inligting tot jou beskikking. Waar begin jy en wat werk? Ons het ’n oplossing gekry!

Ons sal jou vinnig by 'n supersexy Instagram-foto uitkry.

Gaan van plomp tot plat binne 12 weke – vir net R495.

Teken in op Groet Jou Boep – dié aanlyn program vir mans help jou om jou maagvet binne 12 weke weg te brand en lenige spiere te bou, sonder baie toerusting of ’n duur gimlidmaatskap.

Meer oor die oefenplan 

  • Die oefenplan is ontwerp om jou te help gewig afskud én spiere bou.
  • Nuttige video’s demonstreer elke oefenbeweging.
  • Die plan is in fases verdeel en begin met maklike oefeninge voor dit stoom opbou.

Meer oor die eetplan 

  • Die eetplan sny jou kilojoules, maar die geurige maaltye laat jou steeds versadig voel.
  • Die maaltye is bekostigbaar en aanpasbaar.
  • Jy eet gesond en genoeg om gewig af te skud én jou droomlyf te bou.
Besoek www.groetjouboep.co.za om aan te sluit.






Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees