Deel

Nuwe plekke, resepte en voertuie in AA Reisiger

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Voertuie wat die koppe sal laat draai, drie onvergeetlike bestemmings in KZN en betowerende Mapungubwe. Lees alles in die herfs-uitgawe van AA Reisiger.

Die herfs-uitgawe van AA Reisiger het weer lekker leesstof vir reisverslaafdes, petrolkoppe en buitelug-entoesiaste.

In die jongste reeks NCAP-botstoetse is die Nissan Almera en Mazda 2 deur ’n vuurproef gestuur. Hoewel albei voertuie relatief goed daarvan afgekom het, is ’n probleem met die bestuurdersitplek uitgewys.

In die rygoed-afdeling kies Juliet McGuire voertuie wat ’n bietjie “buite die boks” is. Ons toetsbestuur ook die Toyota Corolla Cross, Fiat 500, Ford Ranger Raptor SE, Audi Q5 Sportback en Toyota RAV4 Hybrid.   

Gaan swem in ’n magiese rotspoel in die Mapungubwe-park en leer meer oor die geheime van ’n groep wat eeue gelede hier gewoon het.

Lus vir ongerepte strande, wild (en voëls) by oormaat en lekker seekos, kies koers na ’n hoek in die noorde van KZN waar jy St. Lucia en iSimangaliso, Hluhluwe-iMfolozi en Kosibaai in 10 dae kan besoek.

Chrissiesmeer het meer as net ’n meer, en in die Robertson-omgewing is daar ’n driedagstap waar jy tussen die wingerde drentel en elke dag aan goeie wyn blootgestel word.

Dineo Zonke gaan op ’n solo-reis na Zanzibar.  

Lees ook die wetenskapskrywer Engela Duvenage se insiggewende artikel oor sogenaamde weesgewasse, plante wat in Afrika voorkom en as stapelvoedsel kan dien. Engela skryf ook oor die proefbuistegnologie wat die renoster van uitsterwing kan red.

In ons leefstyl-afdeling maak ons dekadente nageregte met sjokolade, resenseer goeie reisliteratuur en toets die nuutste toerusting.

Alles in die nuwe herfs-uitgawe van AA Reisiger, wat nou te koop is.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

8 Junie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees