Deel

Sing saam met van SA se grootste kunstenaars by Carols by Candlelight

akkreditasie
Van Suid-Afrika se grootste vermaakkunstenaars sal hierdie jaar by Spar en Jacaranda FM se Carols by Candlelight-konserte te sien wees.

Hierdie jaar se konserte vind op 7 Desember by St. Stithians-kollege in Johannesburg en 10 Desember by Loftus in Pretoria plaas. 

In Johannesburg sal konsertgangers vermaak word deur die Soweto Gospel Choir, Swing City, Roan Ash, Rubber Duc, Tarryn Lamb, die Idols-wenner Paxton, Lira en Matthew Mole. 

Tarryn Lamb tree vanjaar vir die eerste keer as solokunstenaar by die konsert op. Haar vorige optrede by Carols by Candlelight was saam met die sanggroep BlackByrd. 

"Ek sien baie uit om saam met al die kunstenaars te werk wat daar gaan wees. Ek is ook baie opgewonde oor die tema en om net rooi aan te trek en dit te geniet," vertel die sangeres, wat ook saam met Emo Adams mede-aanbieder is van sy talentsoek-televisieprogram Maak my famous op kykNET.

Tarryn sê nog iets waarna sy uitsien is dat sy die verhoog met die Grammy-bekroonde Soweto Gospel Choir gaan deel.  

"Ons sing een van my gunsteling-Kersliedjies, 'O Holy Night', saam. Dis vir my baie spesiaal omdat dit een van die eerste Kersliedjies was wat ek jare gelede tydens een van my eerste optredes in Ocean View gesing het," vertel Tarryn opgewonde. Sy het ook onlangs 'n Kersfeesalbum, Kersfees met Tarryn Lamb, uitgereik. Van die verkope gaan vir liefdadigheid wat opheffingswerk in onder meer Ocean View doen, die einste Kaapse buurt waar sy grootgeword het.

By die Carols by Candlelight-konsert by Loftus in Pretoria sal die gehoor kan luister na die Soweto Gospel Choir, Swing City, Roan Ash, Jo Black, Joshua na die Reën, Tarryn Lamb, Riana Nel en Early B. 

Riana en Jo vertel dat hulle albei met baie opgewondenheid uitsien na hierdie jaar se konsert. 

"Ek sien uit na almal wat saamsing. Dis 'n aand waar dit oor niemand gaan behalwe Jesus nie en ons almal kan dit saam geniet.

Riana Nel. Foto: Verskaf
Riana Nel. Foto: Verskaf

"Ek weet al wat ek gaan sing, maar ek gaan dit nie nou verklap nie, ek weet almal gaan lekker saam sing," sê Riana. 

Die liedjie "Stille nag" is vir haar een van die mooiste Kersliedere. 

"Ek raak maar altyd emosioneel as ons dit sing. Kerstyd is vir my iets wat my so laat smag na eenheid en liefde vir mekaar," sê Riana.

Jo maak reg om vir die derde keer by die Carols op te tree. 

"Dis een van die hoogtepunte van die jaar om op daai veld te sit en te hoor hoe mense saam sit en Kersliedere sing. Ek is nogal baie opgewonde daaroor," sê Jo. 

Jo se gunsteling-Kersfeesliedjie is "Somerkersfees".

Jo Black. Foto: Verskaf
Jo Black. Foto: Verskaf

"Dit het net vir my so 'n mooi melodie, dis 'n baie mooi liedjie," vertel hy. 

Toegang vir albei aande se konserte is gratis, en die organiseerders moedig die wat dit wil bywoon aan om 'n speelding saam te bring wat aan liefdadigheidsorganisasies geskenk sal word. Die hekke open alreeds om 16:00.

Vir die kinders sal daar vanaf 17:00 'n fliek te sien wees. Die organiseerders het hierdie jaar besluit om die animasierolprent, Sing, te vertoon.  

Die konserte skop af om 19:00 en duur voort tot ongeveer 21:00. 

Loer hier vir meer inligting. 

Kry jou eie Huisgenoot voorblad!

Huisgenoot gaan ook in die pret deel by die konsert. Konsertgangers kan by die twee onderskeie konserte in Johannesburg en by Loftus in Pretoria hul eie gratis Huisgenoot voorblad laat afneem wat hulle dan in die sosiale media onder die hutsmerk #MyHuisgenootVoorblad kan kry.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.


heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

30 Maart 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees