Skuif nader – dis weer tyd vir Blokraai Regstreeks

akkreditasie
Foto verskaf
Foto verskaf

Blokraai Regstreeks is ’n aanlyn speletjiesprogram waar jy ander blokraai-geesdriftiges ontmoet, saam-saam kopkrap oor leidrade, en lekker pryse wen.

Deelname is gratis, maar jy moet met ’n e-posadres registreer. Die skakel na die uitsending gaan na daardie e-posadres gestuur word. Gaan na Crowdcast om jou plek te registreer. Om 19:55 op 22 April klik jy op die skakel, en kry jy toegang tot die uitsending.

Ons begin stiptelik om 20:00. Onthou: Omdat jy leidrade in ’n blokraai moet kan raaksien, werk ’n rekenaar beter as ’n selfoon. Die aanbieder gesels ’n bietjie met die groep, en daarna deel sy haar skerm sodat almal dieselfde blokraai kan sien. Die groep gee antwoorde. Op sommige leidrade is daar pryse versteek.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees