Só kan jy ’n hele reeks gevorderde maskers wen

akkreditasie
Foto verskaf
Foto verskaf
Ons stel bekend AirPop – die antwoord op al jou maskerdra-behoeftes.

Deesdae kan ons nie sonder ’n masker by die huis uitgaan nie. En al het dit ’n ruk gevat om daaraan gewoond te raak, het AirPop ingetree om ons nuwe moet-hê-bykomstigheid gemakliker te maak.

AirPop is die eerste maatskappy ter wêreld wat fokus op “asemdrag”. Sedert 2015 span die onderneming wetenskap en tegnologie in om hoëprestasie-maskers te bou wat vir miljoene gebruikers wêreldwyd ’n beter asemhalingservaring bied.

Die volledige verskeidenheid AirPop-maskers bied die beste beskerming vir die hele gesin.

Meer oor AirPop

Die revolusionêre ontwerp sluit ’n gepatenteerde seël en raam in om te help verseker dit pas dig maar gemaklik, en vierlaag-filtrasiemateriaal wat ’n leier in die bedryf is om ’n sterk skans van beskerming te verskaf wat dieselfde uiters doeltreffende tweerigtingskans as die beste mediese- en nywerheidsmaskers bied.

AirPop bied hoogstaande prestasie deur drie sleutelkwessies op te los wat die meeste maskers teister: pas, filtrasie en asemhaling.

Pas: Voorkom die in- en uitaseming van klein partikels en druppeltjies danksy die gepatenteerde sagte seël en raam wat op verskillende pasprofiele reageer. Die 3D Air Dome-tentvorm hou die filter weg van die gesig af, verhoog lugvloei en verbeter asemhaling en gemak. 

Filtrasie: AirPop-maskers skep ’n skans van tot so laag as 0,1 mikron met meer as 99% doeltreffendheid – enigiets kleiner as 2,5 mikron (fyn partikelstof) laat bv. bakterieë in die lug insypel. Die unieke kombinasie van vierlaagfiltermateriaal bied ’n doeltreffende tweerigtingskans teen partikels en druppeltjies.

Asemhaling: Dit is ook belangrik dat die masker baie goed moet kan asemhaal – verbruikers sal nie iets dra wat ongemaklik is of nie werk nie. Die druppeltjie-bestande, niegeweefde buitelaag en die filter en velvriendelike binnelaag werk saam om veiligheid en gerief te verseker.

Daarby word al die materiale wat gebruik word om die maskers te vervaardig deur geakkrediteerde derdeparty-laboratoriums getoets om die Wêreldgesondheidsorganisasie en FDA se standaarde vir mediese maskermateriaalprestasie te oortref. 

Vind jou perfekte masker

AirPop Active – Ontwerp om saam met jou te beweeg. Vervaardigde Airknit verskaf gevorderde gemak, uitstaande asemhaling en liggewig beskerming.

AirPop Original – Vir alledaagse gebruik, insluitend reis en die stad deurkruis. Dit is stylvol, gemaklik en bied die beste verdediging in sy klas teen gevare in die lug.

AirPop Light SE – Die gepatenteerde ontwerp van die Light SE skep ’n “ligter as lug”-gevoel met ’n 3D koepelstrukteer wat asemhaling moeiteloos maak.

AirPop Pocket – ’n Liggewig masker met ’n toepaslike drahouer, ideaal vir gebruik wanneer jy rondbeweeg. Die AirPop Pocket se Ergo-Foam-seël pas by die neusbrug aan en die boonste lugopening laat vog verdamp wanneer jy dit nie dra nie.

AirPop Kids – Dieselfde gepatenteerde ontwerpbeginsels wat die AirPop Light SE uitstaande maak, is gebruik om ’n eiesoortige kindermasker te skep. Die AirPop Kids-masker is lig en haal asem. Dit gee vir kinders die beskerming wat hulle teen gevare in die lug nodig het terwyl dit gemak en gerief vir heeldag se dra bied. 

Airpop
Foto verskaf

Wen en beproef dit self!

Twee gelukkige lesers sal ’n AirPop-maskergeskenkpak wen met:

  • Een AirPop Active-masker ter waarde van R1 600
  • Een AirPop Original-maker ter waarde van R1 200
  • Een AirPop Pocket-masker ter waarde van R200
  • Een AirPop Kids-masker ter waarde van R550

Voltooi net die vorm en beantwoord die vraag onder:

Die kompetisie het gesluit. Baie dankie.
Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees