Vier 30 jaar saam met Hallmark met dié spesiale horlosies

akkreditasie
Image supplied
Image supplied
Ter viering van hierdie spesiale oomblik het die modieuse horlosiefabrikaat ’n spesiale uitgawe van hul gedenkhorlosiestel vir mans en vroue bekendgestel.

Die Woord hallmark beteken voortreflikheid, hoë gehalte of ’n onderskeidende kenmerk – dit is geen verrassing dat dít die einste kenmerke van Hallmark-horlosies is nie.

Vanjaar is die 30ste bestaansjaar van Hallmark-horlosies in Suider-Afrika. Sedert sy bekendstelling leef die onderneming volgens sy stigtingsleuse van modieuse gehalte teen bekostigbare pryse om die klowe in die diverse Suid-Afrikaanse mark te oorbrug.

In die veranderlike modewêreld bly Hallmark relevant deur jaar ná jaar horlosies bekend te stel wat die jongste neigings weerspieël.

Ter viering van hierdie oomblik in hul trotse geskiedenis het Hallmark ’n beperkte uitgawe van hul herdenkingshorlosiestel vir mans en vroue met onderskeidelik ’n 42 mm- en ’n 38 mm-omhulsel van vlekvrye staal bekendgestel. Elke horlosie is met ’n klassieke swart leerband afgerond en kos R699. Slegs 500 van elk is met die 30ste herdenkingslogo op die wysterplaat is vervaardig.

Hallmark sien daarna uit om hul fantastiese groei as ’n markleier in die horlosiebedryf voort te sit en nog mylpale te verower.

Besoek hallmarkwatches.co.za vir nog inligting of sluit aan by Hallmark op Instagram @hallmarkwatchessouthafrica of op Facebook by @HallmarkWatches.

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees