Hoe weet hy dis nie ’n gesteelde voertuig nie, en wat van ’n waarborg op die motor?
Die Wet op Verbruikersbeskerming is baie duidelik oor die pligte van handelaars, maar ook oor die pligte van kopers. Ons kyk na wat kopers alles moet weet.
Jy moet vroegtydig jou huiswerk doen oor die handelaar se rekord. Die Kleinhandelmotorbedryforganisasie (rmi.org.za) kan jou help met inligting oor handelaars wat lid is van die Nasionale Vereniging van Motorhandelaars (Nada).