Jy moet die bank wat jou huislening gefinansier het, vra om die verband te kanselleer en die titelakte vir die eiendom na jou naam oor te dra. Die titelakte is die wetlike bewys van jou eienaarskap.
Dit bevat al die besonderhede van die eiendom en ook jou persoonlike besonderhede.Die bank sal dan ’n prokureur aanstel om die verbandkansellasie te doen.
As jy dit nie kanselleer nie, sal jy steeds die maandelikse diensfooi en die versekeringspremie moet betaal tot dit gekanselleer word.