book-icon Uitgawe 7 Maart 2019
Deel

Hoe laat ek ’n groot meevaller groei?

akkreditasie
Foto ter illustrasie: Pexels
Foto ter illustrasie: Pexels

Weerstaan die versoeking om daardie welkome erfgeld, bonus of eenmalige polisuitbetaling te bestee. 

As jy dit spaar, kan die bedrag lekker groei, en dit sal jou vorentoe meer finansiële voordele of leefstylkeuses bied. 

Jy kan dus byvoorbeeld daardie R50 000-meevaller wegsit om rente te verdien vir jou droomvakansie oor twee jaar. 

Of jy kan dit vir tydperke van vyf of 10 jaar bêre, waarna jy selfs meer geld sal hê om te belê volgens jou behoeftes, doelwitte of voorkeure. 

Jac de Wet van PSG Wealth verduidelik aan ons wat die opsies behels. 

Vakansies of huisdeposito’s is tipiese korttermynspaardoelwitte. Jy wil jou R50 000-meevaller belê waar dit groei sal toon sonder die risiko van waardevermindering. 

Goeie opsies is kontantbeleggings soos geldmarkfondse of vaste deposito’s. 

Hoekom dit kies? 

Sulke beleggings groei oor die algemeen relatief stadig maar bestendig. 

Jou belegging sal nie so blootgestel wees aan skommelings op die aandelemark nie en groei sal in pas wees met die heersende rentekoerse, verduidelik Jac. 

Dit bied dus stabiliteit op kort termyn, en ’n negatiewe opbrengs is onwaarskynlik. 

Hierdie soort beleggings is ook op kort kennisgewing relatief maklik toeganklik. 

Onthou net dat jy wel boeteheffings kan betaal as jy geld vroeër uit ’n vaste deposito onttrek. 

Hoe dit werk: 

Jac sê die verwagte opbrengs op dié beleggings is gewoonlik tussen inflasie + 1% en inflasie + 2%. Kontanttipebeleggings in Suid-Afrika het in 2018 groei van 6,6%* behaal terwyl inflasie 4,5%* was.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

30 Maart 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees