Onlangse navorsing wys dat dié mark met tot 70% in Suid-Afrika en elders in die wêreld groei. Die doel daarvan is om duurder items vir meer mense bekostigbaar te maak. Maar presies hoe werk dié uitgestelde betaling? Is dit wys, of gaan dit jou net later byt?
Dis soos ’n gewone bankkaarttransaksie waar jy dadelik jou aankoop kry. Die geld word dan outomaties van jou gekose debiet- of kredietkaart afgetrek – maar oor byvoorbeeld drie betalings eerder as eenmalig. Jy betaal geen rente of administrasiegelde nie – mits jy die betalings nakom.
In Suid-Afrika is PayJustNow, Payflex, Mobicred en MoreTyme die groot BNLP-verskaffers. Hulle het ooreenkomste met verskillende plaaslike handelaars.