Jy kan ’n belastingvrystelling teen jou bruto inkomste (jou totale salaris voor aftrekkings) kry wanneer jou werkgewer jou ’n beurs gee om studiekoste aan ’n erkende onderwys- of navorsingsinstelling te betaal.
Dis basies ’n geldbedrag wat ’n beurs genoem word om te voldoen aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se regulasies. Dit kan vir jou eie studies gebruik word of ’n nabye familielid s’n, en selfs vir skoolgeld.
Eerstens moet jou bruto jaarlikse vergoeding R600 000 of minder wees. Die grootste voorwaarde is ’n kontrak tussen die werkgewer en werknemer wat die bepalings van die beurs (hoeveel en vir wie) uiteensit.