Soms sal die bank jou eerste kontak en aanbied om jou te help om dit te verkoop as jy nie jou maandelikse betalings kan byhou nie. Sodoende hoef die bank nie oor te gaan tot regstappe teen jou nie. Die bank neem nie die huis oor nie, maar help jou net om dit te verkoop.
Jy kan ook uit eie oorweging jou bank nader om hulp as jy sukkel om jou huislening, eiendomsbelasting en -heffings en ander skuld baas te raak. Die doel is om te verhoed dat skuldeisers jou huis vat en op ’n veiling verkoop.
As jy en die bank ooreenkom dat hulle jou met die huisverkoop sal ondersteun, onderteken julle ’n mandaat waarvolgens die bank ’n eiendomsagent aanstel.