Onkoste is meer as net jou maandelikse huurgeld – selfs al is jou water en ligte ingesluit. Beplan ook vir dié uitgawes:
Onthou: Jy sal jou maandelikse huur moet kan bekostig terwyl jy steeds genoeg geld vir jou basiese lewenskoste (soos vervoer, kos, klere, verpligte skuldafbetalings en skoolgeld) oor het.
Doen dit: Gaan sit en maak ’n lys op van die afgelope jaar of ses maande se gereelde koste. Jy sal dit maklik op jou bankstate sien.