Op ’n gevorderde ouderdom het enigiemand mos al dekades se aftreespaargeld en bates opgebou, reg? Moenie glo nie. Jy kom dalk te laat agter jou nuwe huweliksmaat het nog bitter min gespaar of het baie skuld maar geen vaste inkomste meer nie.
Maak dus eers seker van die volgende:
Julle moet seker wees van jul geldelike verwagtinge van mekaar. En as julle uitvind een is in ’n verknorsing, kry nou kundige raad by ’n finansiële of skuldraadgewer.