As hulle jou ken as iemand wat jou beloftes gestand hou, behoort jy maklik die lening te kry. Jy sal moontlik min of geen rente betaal nie, en die lener sal waarskynlik tegemoetkomend wees wat die terugbetalingstydperk betref. Die lening sal nie op jou kredietrekord wys of jou krediettelling beïnvloed nie.
Verwag kritiek as dit lyk of jy skielik meer op “onnodige” dinge uitgee – selfs al betaal jy getrou terug. Sekere mense sal reken hulle het die reg om uitsprake oor jou leefstyl te maak. Boonop kan hulle ander vriende en familie vertel, al wou jy die lening dalk privaat gehou het.
Maak eers seker die lener sal dit nie teen jou gebruik nie en sal jou privaatheid respekteer. Jy sal die lening pligsgetrou moet afbetaal, anders is jy dalk die vriendskap of jou familie se goedgesindheid kwyt.