Salarisvoorskotte is ou nuus in die VSA en Europa, en nou raak dit ook hier in Suid-Afrika gewild. Maar is dit werklik so ’n ideale reddingsboei – of net nog ’n manier om skuld te maak? Hier is sewe dinge om te weet.
Tradisioneel was ’n salarisvoorskot ’n privaat leningsooreenkoms tussen jou en jou werkgewer. Jou kredietrekord is eers nagegaan, en jy moes die geld met rente terugbetaal.
Deesdae kan jy vroeë toegang tot ’n gedeelte van jou salaris kry sonder om ’n lening by jou werkgewer aan te gaan. Omdat dit nie ’n lening is nie, word jou kredietrekord nie nagegaan nie en betaal jy ook niks terug nie. Jy betaal slegs ’n fooi vir die transaksie.