Jy kan net tot ’n pensioenfonds behoort as jou werkgewer dit as ’n voordeel bied. Jy en jou werkgewer dra by tot die fonds, en die trustees besluit hoe om die geld te belê.
Die bydraes is aftrekbaar van belasting. (Vra jou pensioenfonds en jou werkgewer se menslikehulpbronneafdeling vir inligting, of gaan na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se webtuiste by sars.gov.za.)
Kortom, die groei en inkomste van jou aftreegeld terwyl jy ’n lid van die fonds is, is belastingvry. Jy word eers belas wanneer jy toegang daartoe verkry.