Dieetblogger, Liezel Engelbrecht, verduidelik hoe jy, met eenvoudige leefstylaanpassings, genoeg kilojoules kan uitsny om werklik vet op 'n gesonde wyse te verloor.
Eerstens: ’n kilojoule is ’n bloot ’n eenheid waarin energie gemeet word. Kalorieë (kcal) is ’n ander eenheid wat gebruik word, veral in Amerika. In Suid-Afrika, Australië en Europese Unie lande word daar meestal na kilojoules verwys as ons van energie-eenhede in kos praat.