Die voedingswaarde van peulgewasse beteken ’n mens eet dit beslis nie vir spek en boontjies nie.
Bone is wel nie so aanloklik soos spek nie, maar dit verdien nie die stief behandeling wat dit in ons diëte kry nie.
Daar is ’n heerlike groot verskeidenheid – van rooi- en swart- tot sny- en sojabone – en hulle is deur die bank voedsaam, veelsydig en bekostigbaar.