Jy moes teen dié tyd lankal soos ’n Instagram-model gelyk het. Elke oggend wanneer die haan kraai, is jy by die gimnasium of die boot camp-groepie in die park. Jy vas elke dag ’n klomp ure en tel versigtig hoeveel lepels olie daar in jou slaaisous is.
Jy doen alles reg.
En tog . . . Die rolletjies hang so ’n bietjie bo-oor jou broek en jou boude wil maar net nie ferm raak nie.