Wanneer laas het jy jouself op die skouer geklop? Gebeur dit so selde jy kan dit skaars onthou? Wel, dis glad nie verbasend nie. Vir die meeste mense is dit makliker om hulself streng te beoordeel en selfs te kasty as om vir hulself ’n pluimpie te gee.
Dit klink dalk na ’n kleinigheid, maar kritiese gesprekke met jouself kan gou ’n slegte gewoonte word.
Knaende selfkritiek is selfvernietigende gedrag wat jou van geluk beroof. En hoe langer jy dit doen, hoe moeiliker is dit om die gewoonte te verbreek.