‘Klop die skaal': Nou is die tyd om van daai lastige kilo's ontslae te raak

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Die versoeking is groot om net op die bank te lê en niksdoen. Maar dis die ideale tyd om 'n leefstylverandering te maak, en 'Klop die skaal' – ons aanlyn oefen- en eetplan vir vroue – kan jou daarmee help.

Die program van 12 weke is spesiaal deur kenners ontwerp om HG-lesers te help om daardie lastige kilo's af te skud. 

Net omdat jy nie gim toe kan gaan nie, beteken nie jy kan nie oefen nie – die oefenplan gebruik juis min toerusting, sodat jy dit tuis kan doen. En die dieet is realisties en aanpasbaar: ruil die kossoorte met dit wat jy wel in die huis het.

Wat kos die Klop die Skaal-program?

Die volledige eet- en oefenplan vir vroue kos R495. Dit is ’n eenmalige betaling – geen maandelikse lidmaatskaptariewe geld nie!

Jy kry toegang tot die webblad met die aanlyn plan wat ons kenners ontwerp het. Jy het net ’n rekenaar of selfoon met internettoegang nodig.

Hoe werk die oefenplan?

Die oefenplan is spesiaal ontwerp sodat jy vet kan verbrand én gedefinieerde spiere kan kry.

Dit bestaan uit drie fases van vier weke elk – jy kry eers die oefeninge onder die knie, voor die intensiteit in die tweede en derde fase toeneem.

Nuttige video’s demonstreer elke oefenbeweging. Jy het net basiese toerusting nodig, en kan die oefeninge in die gerief van jou eie huis doen – dis soos om ’n persoonlike afrigter in jou woonkamer te hê!

Hoe werk die eetplan?

Die eetplan is deur ’n dieetkundige saamgestel, en werk met ’n spesifieke kilojoule-telling, wat verseker dat jy genoeg energie het. Boonop is dit aanpasbaar en propvol gesonde kos wat goedkoop en maklik is om in die hande te kry.

Ons het ook ’n ruillys saamgestel sodat jy jou eetplan kan aanpas volgens wat jy in die yskas het, wat die res van jou gesin eet of waarvoor jy meer lus is.

Die eetplan strek oor vier weke en word drie keer oor die tydperk van 12 weke herhaal. Jy kan dus niebederfbare produkte in groot maat aankoop.]

Nog vrae?

Klik hier vir die antwoorde op nog algemene vrae.

Hoe skryf ek in?

Gaan na www.klopdieskaal.co.za en klik op “Sluit hier aan”.

Klop die Skaal
Huisgenoot se Klop die Skaal-program is 'n aanlyn oefen- en eetplan.
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.  

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees