Dit sal help as jy ’n berader spreek. Dalk lees jy ook dikwels dié raad van tydskrifte se troostannies en -omies – ook Huisgenoot se eie Irma. Daar is inderdaad baie probleme wat net getakel kan word as jy oorkant ’n kundige sit en dit deurpraat.
Maar o wee! Het jy al na die pryse van sielkundiges gekyk? Dis nogal duur. En dalk wil jy nie vir jou pastoor gratis berading vra nie omdat jy bang is jy word op die vingers getik.
Hoe dan gemaak?