Dit speel ’n belangrike rol in jou spysvertering, hartklop en asemhaling. Dit hou ’n ogie oor jou organe en is van kritieke belang vir jou stresrespons en bui. Klink belangrik, nè? En tog hoor ’n mens nie gereeld van jou vagussenuwee nie.
Maar dié deel van jou senuweestelsel is wat jou breinstam met jou liggaam verbind, en dit verrig verskeie lewensbelangrike funksies.
Dit is die langste van die kraniale senuwees, wat al die pad van jou breinstam tot by jou kolon beweeg, en is betrokke by onwillekeurige prosesse soos asemhaling, hartklop, bloeddruk, sluk, sirkulasie en vertering.