“Ek’t nooit probleme met my vel gehad tot ná skool nie. Toe is dit eweskielik asof die hele bergreeks op my gesig wil kom kuier,” skryf sy op haar Instagram-blad aan haar 113 000 volgelinge.
Sy het saam met die inskrywing ’n paar foto’s gedeel van haar vel.
“Dit het ’n heavy groot emosionele en mental effek op my gehad, want ek gebruik my gesig vir werk en sien elke dag mense en ek voel nie confident nie.