Deel

Trapklim is rerig goed vir jou, maar weet jy hoekom?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie. Foto: Cover Media
Foto ter illustrasie. Foto: Cover Media
Cove Media
Net kort sessies van trappe klim ’n paar keer deur die loop van die dag kan jou hartgesondheid verbeter, sê navorsers.

Kinesioloë (kenners van spierbeweging) aan twee Kanadese universiteite* het ondersoek of vinnige intervaloefeninge of kragtige trapklimsessies deur die loop van die dag genoeg sal wees om die fiksheid van die hartasemhalingsorgane te verbeter. Dié soort fiksheid is ’n belangrike gesondheidsmerker wat met langlewendheid en die risiko vir kardiovaskulêre siektes verbind word. 

Vir die studie het hulle een groep jong volwassenes met ’n sittende leefstyl ontleed wat drie keer per dag drie stelle trappe vinnig klim. Die trapklimmery was een tot vier uur uitmekaar. Hulle het dit oor 'n tydperk van ses weke drie keer elke week herhaal.

Navorsers het die verandering in hul fiksheid vergelyk met ’n beheerde groep wat nie geoefen het nie en tot die slotsom gekom dat byna almal hul fiksheid op enige plek en enige tyd kan verbeter.

“Ons weet intervaloefening werk, maar ons was verras dat die benadering so doeltreffend was deur doodgewoon trappe te klim,” het dr. Jonathan Little, medeskrywer van die verslag, gesê. “Mense met ’n sittende leefstyl kan hul fiksheid verbeter deur net tydens hul koffiepouse of wanneer hulle badkamer toe gaan, gou ’n paar stelle trappe te klim.”

Benewens die feit dat hulle fikser is, was die trapklimmers teen die einde van die studie ook sterker as dié wat dit nie gedoen het nie. Hulle het tydens ’n fietsrytoets meer krag gegenereer. 

In die lig van dié resultate het dr. Martin Gibala benadruk enige oefening dra tot algehele gesondheid by.

“Mense wat in kantoorgeboue werk of in woonstelblokke woon, kan ’n paar stelle trappe soggens, oor middagete en saans klim en weet dat hulle doeltreffende oefening inkry.”

Die volledige uitslag van die studie is in die joernaal Applied Physiology, Nutrition and Metabolism gepubliseer.

  • Die McMaster-universiteit in Ontario en die Universiteit van Brits-Columbië in die Okanagan-streek
  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”. 
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!  


heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

8 Junie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees