Puisies kan vir enigeen op enige ouderdom ’n verleentheid wees, maar in jou tienerjare kan die stryd teen aknee veral frustrerend wees.
Al is daar talle faktore wat aknee veroorsaak, is jong volwassenes meer geneig om ’n uitbreking van puisies te kry weens die verhoogde afskeiding van hormone.
Die goeie nuus is dat tieners se velselle vinniger hernuwe word en dat hul vel veerkragtiger as volwassenes s’n is; daarom herstel hulle vinnig van ’n uitbreking van puisies.