Het jy gedink aknee is net iets waarmee tieners sukkel? Dink weer. Die toestand kan enigeen op enige ouderdom raak en kan uiters ontstellend wees as dit jou as volwassene uit die bloute tref.
Aknee word veroorsaak deur ’n oorproduksie en swak vrystelling van olie (sebum) in die talgkliere net onder die vel, wat lei tot verstopte, ontsteekte porieë.
Aangesien hormone ’n algemene sneller van olieproduksie is, verskyn aknee dikwels in tye van hormoonverandering, soos gedurende swangerskap en menopouse. “Volwasse aknee is die aanvang van aknee ná die ouderdom van 25 jaar.