Die meeste ouers beland soms in ’n situasie waar werk of familieverpligtinge hulle dwing om van die huis af weg te wees of selfs ’n paar dae te reis. Maar hoe gemaak wanneer jy iemand moet kry om na jou kinders om te sien? En wat moet jy in gedagte hou wanneer jy wel iemand kry wat jy in hierdie vertrouensposisie plaas.
Die voorkomskonsultant Aletté-Johanni Winckler het onlangs hulde gebring aan ’n vriendin en werknemer, Sumarie Uys, deur te sê sy is iemand by wie sy haar kinders sal los sonder om twee keer te dink.
Aletté en haar sangerman, Heinz Winckler, het vier kinders Lian (10), Simeon (8) en Reuben (7) en Alannah (1).