Dis ’n vlaag wat veral die ouers van tieners aan die hart ruk. Uit syfers van die Wes-Kaapse onderwysdepartement blyk dit dat 19 leerders die afgelope jaar hul eie lewe in dié provinsie geneem het, teenoor 11 in die vorige jaar, 13 in 2018, 12 in 2017, vier in 2016 en drie in 2015.
Ook in Pretoria het ’n 13-jarige leerder in gr. 7 aan die begin van Junie vanweë selfmoord gesterf. “Ek het alles in my vermoë gedoen om haar te laat praat oor wat moontlik die probleem kan wees, maar sy wou nie praat nie,” sê haar bedroefde ma. “Sy is nie net ’n statistiek nie. Sy is my dogter.”
Maar ook die syfers spreek van ’n ysingwekkende tendens: Volgens landwye statistieke deur die departement van onderwys was sowat 9% van die sterfgevalle van mense tussen 14 en 35 jaar oud die afgelope jaar vanweë selfmoord.