Wanneer die vrolike klanke van Kersliedjies in die winkelsentrums opklink, weet jy dis weer tyd vir feesvier, die somervakansie – en om Kersgeskenke te koop.
Die blote gedagte daaraan kan ouers skoon benoud maak, veral as jou kleingoed reeds groot lugkastele bou oor wat Kersvader alles vir hulle gaan bring.
Nie net sal jy jou sak dalk behoorlik moet skud vir die elektroniese wonderspeelgoed wat deesdae kinderogies laat blink nie; die hordes karretjies, poppe en speletjies op die winkelrakke kan jou oorweldig laat voel.