“Maar Ma, dis al hoe ek met my vriende kan gesels!”
As jy ’n tiener het, het jy waarskynlik gereeld die afgelope paar maande dié woorde gehoor wanneer jy jou kind vra om ’n slag sy foon weg te sit.
Die inperking het dit allermins makliker gemaak om die tyd te bestuur wat ons kinders op hul foon deurbring. Die jongklomp gebruik dit boonop nie net om met hul vriende verbind te bly en dinge op die internet te lees nie; talle onderwysers gebruik ook nou WhatsApp om leerstof aan te stuur.