Jou kind se hart is in stukke – en dit voel vir jou of joune óók vir haar kan breek. En dit omdat sy in die liefde verlaat is...
Sy voel terneergedruk oor die einde van haar jong verhouding, en dit maak nie saak wát jy sê of doen nie, sy bly dink sy het die liefde van haar lewe verloor.
Jy’s skoon vies vir die outjie wat haar versaak het – en as jy kon, sou jy hom sommer ’n paar kwaai woorde toesnou...
Hoe gemaak as jou kind die eerste keer ’n seer liefdesteleeurstelling moet verwerk – wat doen jy, en wat moet jy liefs nie doen nie?
Huisgenoot het onlangs berig oor die ma van ’n 13-jarige leerder van ’n laerskool in Potchefstroom wat probeer ingryp het nadat haar dogter se kêrel met haar uitgemaak en ’n nuwe verhouding met ’n ander laerskoolmeisie aangeknoop het.