Om te kan lees is een van die basiese maar belangrikste leerervarings waarmee jy as ouer jou kind kan toerus.
Dit maak dit natuurlik nog moeiliker as jy self nie lief is vir lees nie. Maar deur die ervaring so prettig en genotvol moontlik te maak, kan dit selfs vir jou as ouer ook ’n nuwe liefde en waardering vir die geskrewe woord aanwakker.
Moedig jou kind aan om ’n boek te “lees” selfs nog voor hy kan lees.