book-icon Uitgawe 7 Junie 2018

Vir skooltake: Alles om te weet oor stralers

akkreditasie
Die wêreld se vinnigste straler, die SR-71 Blackbird, kan tot meer as drie keer die snelheid van klank versnel.
Die wêreld se vinnigste straler, die SR-71 Blackbird, kan tot meer as drie keer die snelheid van klank versnel.

Op 2 Mei 1952 het die wêreld se heel eerste kommersiële straler met 36 passasiers aan boord in Londen opgestyg onderweg na Johannesburg. Die vlug van die De Havilland DH 106 Comet moes vyf keer op dié roete stop – in Rome, Beiroet, Khartoem, Entebbe en Livingstone – om sy brandstof aan te vul.

Die vlug het sowat 23 uur geduur, ongeveer dubbel die sowat 11 uur wat dit vandag duur om dieselfde roete af te lê. Dié vlug het die begin van die straler-era ingelui. Die vliegtuie het intussen in supersnelle vervoermiddels ontwikkel.

Vroeër was dit glad nie glansryk om per vliegtuig te reis nie. Die onophoudelike geraas en vibrasie van die vliegtuie se enjins het lang vlugte selfs meer uitputtend gemaak. Die meeste vliegtuie kon ook nie hoog genoeg vlieg om slegte weer te vermy nie; dus was die vlugte gewoonlik maar baie stamperig.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees