Renosters is bekend vir die reusehorings wat uit hul snoet groei – hul naam kom ook van die Griekse woord vir “neushoring”.
Soos leeus en olifante, waarvan ons jou vroeër geleer het, kom renosters in Afrika en Asië voor. Suid-Afrika het die grootste renosterbevolking ter wêreld, maar hul getalle neem af.
Dié pragtige diere word vir hul horings gejag en doodgemaak omdat daar verkeerdelik geglo word die horings het mediese nut. In die laaste dekade het stropers meer as 7 000 renosters doodgemaak.