book-icon Uitgawe 17 September 2020

Vir skooltake: Hulpbronne, Deel 3 – Minerale en edelgesteentes

akkreditasie

Minerale is stowwe wat in die natuur voorkom. Die meeste minerale is solied, anorganies, het ’n kristalstruktuur en word natuurlik deur geologiese prosesse gevorm. ’n Mineraal kan uit ’n enkele chemiese element bestaan of as ’n verbinding van elemente.

’n Edelsteen (of halfedelsteen) is ’n stuk minerale kristal wat gesny en gepoleer word om juweliersware en sierade van te maak. Tradisioneel beskou ons kosbare stene soos diamante, robyne, saffiere en smaragde as edelstene, terwyl al die ander stene wat tot juweliersware verwerk word as “halfedelstene” gesien word.

Die kosbare edelstene is gewoonlik duurder as gevolg van hul besonderse kleur, glans en seldsaamheid. Suid-Afrika is een van die lande wat ’n rykdom van minerale hulpbronne het. Van ons grootste reserwes is platinum, chroom en vanadium. En ons is een van die top-10-lande wat diamante ontgin.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees