book-icon Uitgawe 3 Mei 2018

Vir skooltake: Leer ken ons buurlande – deel 1 van 2

akkreditasie
Die Namib het van die hoogste duine ter wêreld. Die gemsbok kom voor op Namibië.
se landswapen.
Die Namib het van die hoogste duine ter wêreld. Die gemsbok kom voor op Namibië. se landswapen.

Suid-Afrika grens aan ses lande: Namibië (met ’n gedeelde grens van 969 km), Botswana (1 840 km), Zimbabwe (225 km), Mosambiek (491 km), Swaziland (430 km) en Lesotho (909 km). Hierdie buurlande se geskiedenis, ekonomie, natuurlewe en infrastruktuur is ten nouste met dié van Suid-Afrika verweef. Ons kyk vandeesweek na die eerste drie van ons ses buurlande.

Namibië is genoem na die Namibwoestyn, wat sowat 2 000 km al langs sy kus af strek. Die grootste deel van die land word deur ’n hoë plato beslaan. Die sentrale plato is sowat 2 000 m hoog en grens aan die Namibwoestyn in die weste, die Oranjerivier in die suide en die Kalahariwoestyn in die ooste. Die dorre Skedelkus is noord van Swakopmund geleë.

Die hoofstad, Windhoek, het meer as 350 000 inwoners. Namibië is die 34ste grootste land ter wêreld (825 615 km²), maar met net sowat 2,6 miljoen inwoners is dit uiters yl bevolk. Sowat die helfte van die Namibiese nasie is Ovambo’s, maar daar is ook talle ander groepe. Hoewel die amptelike taal Engels is, kry die ander groepe se tale ook erkenning.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees