Het jy al van die Melkweg gehoor?
Dit bevat 'n pragtige strook sterre wat in die nag van die aarde af sigbaar is en van die een kant van die hemelruim na die ander kant loop.
Weens lugbesoedeling is dit moeiliker om te sien as jy in 'n stad of op 'n groot dorp woon, maar op die platteland is dit duidelik sigbaar en asemrowend om te aanskou. Ons leer jou meer oor die Melkweg, die sterrestelsel waarin ons planeet, die aarde, voorkom.