Suid Afrika het ’n lang geskiedenis by die Olimpiese Spele, waar ons atlete gewys het van watter stoffasie hulle gemaak is.
Rassisme en ’n gevolglike jare lange boikot asook seksistiese spankeuses het egter ons moontlike prestasies aanvanklik aan bande gelê.
Vandag staan die hele Suid-Afrika agter ons Olimpiese deelnemers met die hoop op goud.