5 truuks om te verhoed dat jou grimering smeer as jy bril dra

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images
As jy 'n bril dra, sal jy weet watter groot uitdaging dit is om grimering aan te wend om by jou bril te pas. Hier is vyf grimeertruuks om met dié probleem te help.

Is jy moeg om maskara van jou lense af te vee of net siek en sat vir grimering wat alewig op die brug van jou neus beland? Daar is maklike maniere om dié soort grimeerblapse te vermy. Daar is ook maniere om te sorg dat jou oë nie agter jou bril weggesteek is nie. 

Ons deel ons topwenke om seker te maak jou grimering bly in plek terwyl jy bril dra.

1. Krul jou wimpers

vrou wend grimering aan
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy met lang wimpers spog, kan dit uitdagend raak wanneer jy maskara dra. As die maskara teen jou lense smeer, is dit slim om jou wimpers goed te krul voor en nadat jy maskara aanwend. Maak seker wanneer jy maskara aanwend dat die lae dun en eweredig aangewend is en nie klonte vorm nie. 

Wanneer jy maskara koop, maak seker dat die formule waterdig is en van 'n goeie gehalte is.

Wenk: As jy geld wil bespaar kan jy jou blosser-grimeerborsel gebruik en ’n dun lagie babapoeier oor jou klaar gegrimeerde wimpers vee. Sit dan nog ’n lagie maskara aan. 

2. Die regte skakering verbloemer is belangrik

vrou wend grimering aan
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Dis algemeen vir jou bril om ’n skadu onder jou oë te gooi. Dit veroorsaak dat die oë ingesink en moeg voorkom. Wanneer jy grimeer, maak seker dat die skakering verbloemer wat jy gebruik minstens twee skakerings ligter as jou onderlaag is. Smeer die verbloemer egalig sodat dit mooi met die onderlaag saamsmelt. 

Wenk: As dit by oogskadu kom, kies ligter skakerings. Dit sorg vir ’n vars, helder voorkoms. Loer gerus hier om te sien watter oogskadu by jou oogkleur pas. 

3. Vermy kontoere by jou neus

vrou wend grimering aan
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Om kontoere te skep verg baie lae grimering, en hoe meer grimering, hoe groter die kans dat dit sal smeer. Wanneer jy jou neus grimeer, maak seker dat die onderlaag wat jy gebruik van goeie kwaliteit is.

Voeg ’n tikkie verbloemer in die hoeke by die brug van jou neus en set dit met poeier of sproei. As jou bril aan daardie area raak, sal dit merke los. Hou dus jou verbloemer in jou sak sodat jy die area kan opknap deur die dag. 

4. Die wonders van setsproei

vrou wend grimering aan
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy bril dra, is dit belangrik om seker te maak dat jou grimering goed saamgemeng is. As jy verkies om jou grimering met poeier af te rond, maak seker dat jy ’n dun laag aanwend.

As jy verkies om jou grimering met setsproei af te rond, is dit belangrik om seker te maak dat die setsproei van ’n goeie gehalte is en nie spikkels op jou grimering los wanneer jy klaar is nie. 

5. Oogpotlood

vrou wend grimering aan
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy gereeld oogpotlood dra en onlangs bril begin dra het, is dit belangrik om seker te maak dat die oogpotlood nie jou oë kleiner laat voorkom nie. Vir ’n vars voorkoms, kies ’n bruin oogomlyner. Dit sorg vir ’n natuurliker voorkoms. 

As jy waaghalsig is, probeer vloeibare oogomlyner. Dit laat die wimpers langer en voller voorkom en laat ruimte vir ’n deftige lipkleur soos rooi of pienk.

Kyk hier vir wenke om jou oogpotlood heeldag in plek te hou.

Pluk jou grimering en grimeerborsels uit en beproef gerus hierdie slim wenke! 

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees