Hoewel dié taak nie baie van ons opgewonde maak nie, het jy nou die tyd, en met ons hulp, die regte raad om hierdie angswekkende projek aan te pak.
Die dae van al jou klere uit die kas pluk en in ’n groot deurmekaar bolling op die bed gooi, is verby. Begin klein, soos met jou sokkie-laai. Sorteer die sokkies sonder maats eenkant – jy het dit nie nodig nie. Sorteer jou sykouse en kyk watter nog gedra kan word en watter nie, en sit dit eenkant.