Deel

Dié 8 plante en speserye moet jy by jou skoonheidsroetine byvoeg – en dis hoekom

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
As jy gedink het die beste bestanddele is in duur skoonheidsprodukte, moet jy hier lees.

Die voedsaamste en waardevolste produkte vir jou hare en vel kom beslis van Moeder Natuur af. Ons bekyk watter wonders dié plante en kruie vir jou vel inhou. 

1. Tiemie

skoonheid,kruie
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Vergeet van tiemie met daardie heerlike oondgebraaide hoender. Brou ’n paar takkies tiemie soos wat jy met tee sou doen en spoel jou hare daarmee af. Tiemie help om haargroei te bevorder en ook om jou kopvel gesond te hou. 

2. Laventel

skoonheid,kruie
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Hierdie pragtige blom ruik nie net lekker nie, dit laat jou ook ontspan en is perfek om jouself tuis mee te pamperlang. As jy sukkel om te slaap, is laventeldruppels die perfekte oplossing. Neem kookwater en gooi sowat ses tot 10 laventeldruppels daarin. Haal dan diep asem en neem die aroma van die druppels in. Dit help met bloedvloei en help om ná ’n lang dag se take stres te verlig.

3. Aalwyn

skoonheid,kruie
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Aalwyn is ’n moet vir jou gesondheid en skoonheid! Die koue lug in winter kan kras wees op jou lippe en veroorsaak gereeld droë lippe en koorsblare.

As jy moeg is vir allerhande duur salwe wat nie werk nie, kan jy ’n stingel aalwyn sny en die vloeistof binne die plant aan die geaffekteerde area smeer. Wees gewaarsku om nie jou lippe te lek wanneer jy aalwyn daaraan gesmeer het nie!

4. Kamille

skoonheid,kruie
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Het jou hare sy glans verloor? Spoel dit met kamilletee af! Dié kunsie kan jy oor en oor gebruik en dis ’n goedkoop alternatief vir mooi, blink hare.

Omdat tee haarkleur beïnvloed, word normale, swart tee vir brunette aangeraai en blondines kan kamilletee gebruik. Die brousel help ook vir gesplete punte. 

5. Basilie

skoonheid,kruie
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Basilie is beslis een van velsorg en haarsorg se helde en bevat baie antioksidante en anti-inflammatoriese voordele.

Vir velsorg help dit om die voorkoms van aknee te verminder. Vir haarsorg, dra dit by tot ’n gesonde en glansende haredos. 

6. Kruisement

skoonheid,kruie
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Pleks daarvan om allerhande kunsmatige produkte te gebruik om jou aknee te behandel, kan jy kruisement inspan.

Kruisement het ’n verkoelende effek op die vel en verlig dus irritasie en inflammasie wat deur aknee veroorsaak word. 

Sukkel jy met skilfers en 'n droë kopvel? Kruisement is die antwoord om van daardie ongewensde wit vlokkies ontslae te raak. 

7. Borrie

skoonheid,kruie
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Borrie hou verskeie gesondheidsvoordele in, maar die skoonheidsvoordele daarvan mag jou dalk verbaas. Die wonderspesery kan help om oop wonde te genees.

Borrie kan ook help om die irritasie van ekseem te beveg en kan ook donker kringe onder die oë ligter maak. Die pragtige kleurryke wortelplant kan ook help om die natuurlike gloed weer terug in jou vel te sit. 

8. Gousblom

skoonheid,kruie
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Met skoonheidsprodukte wat meer organiese opsies vir velsorg bekendstel, is dié gedroogte krui een van die gewildstes. Dit kan ook wonders vir jou vel doen.

Gousblom help om die vel te bevogtig sowel as om vlekke en letsels wat dalk deur aknee of puisies veroorsaak is te verminder. 

Bronne: Essence.com, Greatist.com, Bebeautiful.in, Byrdie.com


heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

8 Junie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees